Na 2 uur kan niks goeds gebeur nie mens kan altyd 'n verskoning kry jouself uitstal in die dieretuin dis net nog 'n manier om jonk te bly 'n onbekende steek sy oop hand uit om my stelselmatig die verderf in te lei
kom saam met my my wenkbrou buig skepties kom saam met my neem deel aan my dekonstruksie
aanvanklik onafhanklik mens kan altyd 'n gewoonte kry jouself besig hou intussen tyd 'n geween en 'n gekners 'n konstante gekerm ek ken die plek die baas is 'n vriend van my hy steek sy oop hand uit